McBride is Opod se nuwe hoof

McBride
McBride

Die uiters omstrede voormalige bomplanter Robert McBride is as die nuwe hoof van die Polisie se Onafhanklike Ondersoekdirektoraat (Opod) aangestel.

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê McBride sal eerskomende Maandag in sy nuwe pos instap.

McBride was destyds deel van ‘n groep van Umkhonto we Sizwe wat twee restaurante in Durban in 1986 opgeblaas het waarin onskuldige burgerlikes dood is.

Drie vroue het in die ontploffing omgekom en nog 69 is beseer.

McBride is later as die hoof van die Ekurhuleni Metropolisie aangewys maar het sy werk verloor nadat hy van dronkbestuur aangekla is.

Die Direktoraat was vir meer as ‘n jaar sonder ‘n permanente hoof na die vertrek van Francois Beukman.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.