Waterkloof 2 terug tronk toe na Beeld flink stemming maak

tronkDie Parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste die Waterkloof 2 se paroolkansellasie verwelkom.

Die voorsitter, Vincent Smith, sê die beslissing sal ‘n boodskap stuur dat onwettige optrede nie in tronke geduld sal word nie.

Dit is nie bekend of die bewaarders wat die twee gehelp het, aangekla is nie. Sonder “hulp” sou die twee nie die beweerde oortredings kon begaan nie.

Die Paroolraad van Korrektiewe Dienste het vroeër vandag besluit dat Frikkie du Preez en Christof Becker vir nog ‘n jaar terug tronk toe moet gaan voordat hulle weer vir parool oorweeg sal kan word.

Die twee is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal kwaadwillig gelek is op sosiale media om hulle in die verleentheid te stel

Die twee het na bewering alkohol gedrink en ‘n selfoon in die tronk gebruik wat teen die reëls is. Hulle moes “hulp” van die personeel gehad het wat dié items betref.

Becker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, is vroeër die maand op parool vrygelaat nadat hulle tronkstraf uitgedien het vir ‘n moord op ‘n hawelose man in Pretoria in 2001.

Die destydse beslissing het wenkbroue laat lig, aangesien die staat se saak nie naastenby waterdig was nie.

Die dagblad Beeld het flink stemming gemaak teen die twee wit mans wat die vermoede laat onstaan dat die uitlek van die “inkriminerende” beeldmateriaal met voorbedagte rade gedoen is, soortgelyk aan die Potch-voorval waar onskuldige studentepret met “Nazisme” vergelyk is deur dieselfde koerant.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.