Beeld-joernalis en KykNET-aanbiedster verdedig aanval op Pukke

Deel op
Elma Smit op die stel van KykNET
Elma Smit op die stel van KykNET

Die Beeld-joernaliste en KykNET-aanbiedster Elma Smit het die besluit van Adriaan Basson om ‘n grootskaalse veldtog teen die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit te loods só op Facebook verdedig:

Ek weet hierdie gaan ‘n ongewilde post wees, maar ek voel ek moet dit sê: die Sieg Heil-saluut in Potch IS nuuswaardig. Nes die gebrek aan motief jou kan vryskeld van moord, maar jy nogtans skuldig kan wees aan strafbare manslag, maak nalatigheid of onkunde diegene wat ‘n simbool “trivialise” nie minder skuldig aan die gebruik daarvan nie…

En waarvan is daar hier tekens van skuld? Nie van die propageer van ‘n Neo-Nazi beweging of kultuur nie, want dít was nie die motief agter die gebruik van hierdie saluut nie, maar hier is wel duidelik ‘n gebrek aan die nodige sensitiwiteit… ‘n Nazi simbool is onvanpas, ongeag die konteks. En dié gebrek aan sensitiwiteit is nuuswaardig omdat dit onder ‘n uitgelese (universiteits-toegang is nie vir almal beskore nie) groep jongmense gemanifesteer het.

Die PUK het reg opgetree in reaksie – hulle kan tog nie álles wat élkeen op kampus doen voorkom nie. Dit is egter ‘n insident wat dekking verg, want hierdie is ‘n simptoom wat nabetraging verg. Dis nodig om ‘n standaard te stel, om vir mekaar te vra en met mekaar te praat oor wat aanvaarbaar is, en duidelik ook oor wat NIE aanvaarbaar is nie. Dit noop ons om ‘n gesonde dosis kritiese selfondersoek te doen, om sódoende onkunde en nalatigheid onder mekaar te probeer identifiseer, aan te spreek en hopelik selfs te voorkom! Dis ongemaklik, dit voel dalk selfs onnodig, maar dis gesond.

Hoewel daar normaalweg kommentaar op Facebook toegelaat word, is haar blad vir kommentaar geslote of laat sy net sekere kommentare toe. Een van haar lesers het egter so geantwoord:

So die woord “Heil” kan/mag nooit weer gebruik word nie, want enige een wat dit gebruik is pro-Nazi? Ek het vir 6 jaar Heil PUK gesing by rugbywedstryde en ek kan jou belowe ek is baie ver van ‘n Nazi-ondersteuner of rassis. Dink die hele storie is uit konteks en uit verband geruk en net Pukke en oud-Pukke sal weet dat daar geen pro-Nazi-praktyke by die NWU Pukke bederf word nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.