Vrou van Tsjeggiese mafiabaas vas

Deel op
Katerina Krecjir
Katerina Krejcirova

Katerina Krejcirova, die vrou van die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir, is by die Palm Ridge-landdroshof in hegtenis geneem Vrydagoggend, in verband met ‘n gesteelde motor en ‘n bedrogskema.

Sy is reeds in haar land van oorsprong aangekla omdat sy saam met haar man sy inkomste uit misdaad geniet het. Sy word eweneens deur Tsjeggië as ‘n voortvlugtige beskou.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke sal Krejcirova aangekla word van die besit van ‘n gesteelde voertuig in Bedfordview waarop beslag gelê is by haar huis verlede week.

Krejcir se vrou was by die hof om haar man se verskyning op aanklagte van ontvoering en poging tot moord by te woon.

Krejcirova sal nie alleen verskyn nie want ‘n ander persoon sal ook hierdie naweek in hegtenis geneem word.

Daar word verneem dat die mafiabaas reeds ‘n beloning uitgeloof het om getuies wat teen hom wil getuig te laat vermoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.