Oekraïene kies ongewilde Jats na staatsgreep

Deel op
Die uiters ongewilde Jats
Die uiters ongewilde Jats

Die Oekraïene het na ‘n staatsgreep verlede week ‘n nuwe premier aangewys wat geen steun geniet onder die bevolking nie.

Arsenjie Jatsenjioek – of Jats, soos die Amerikaanse assistent-sekretaris van buitelandse sake Victoria Nuland graag na hom verwys – is aangestel as die nuwe eerste minister van die land.

Die bokser Klitsjko, die EU se voorkeur, is uitgeskakel deur die opkoms van ‘n Nazi-element in die pro-EU-opposisie.

Nuland het vroeër in ‘n telefoongesprek van die bokser se kandidatuur gesê: “F-k die EU”. Sy het ook haar voorkeur vir Jats uitgespreek. Die gesprek is uitgelek.

Jats is die natuurlike keuse vir Anglo-Amerikaanse belange. Hy is ‘n miljoenêr en voormalige bankier, minister van ekonomie, minister van buitelandse sake en parlementêre speaker.

Hy is ‘n lid van Julia Timoesjenkoe se Vaderland Party, dus sal sy deel van die nuwe regering wees, net soos na die vorige staatsgreep – die Oranje-rewolusie – wat sy help reël het.

In 2009 het Jats aangekondig dat hy as presidentskandidaat van die Oekraïene in die verkiesing sal deelneem.

Tydens die verkiesingsveldtog het mede-kandidate herhaaldelik na hom verwys as die “onbeskaamde klein Joodjie” wat “suksesvol in diens van die diewe is wat die Oekraïne besteel en met behulp van kriminele geld die Oekraïne se presidentskap wil oorneem”.

Jats se presidensiële veldtog het na raming byna $70 miljoen gekos. Hy is anti-Russies en beywer hom daarvoor om die Russiese taal as tweede amptelike taal in die land afgeskaf te kry.

Jats sal die Oekraïne uitlewer aan internasionale bankiers.

Switserland het aangekondig dat hy bereid is om enige geld wat die ontsetelde president Wiktor Janoekowitsj van die Oekraïne moontlik in ʼn Switserse bankrekening mag hê, te vries.

Die Switserse regering het “uit beginsel” besluit om enige moontlike rekeninge wat hy in Switserland mag hê, te vries, het ʼn woordvoerder van die buitelandse ministerie, Pierre-Alain Eitschinger, gesê.

Ariel Cohen, senior navorser het reeds die land se ellendige vooruitsigte uitgespel. Cohen, van die Heritage Foundation in Washington, het aan Bloomberg gesê: ” Hervormings in die Oekraïne gaan moeilik wees.”

Die rol van die IMF is van “kardinale belang”, het die Amerikaanse Tesourier Jakob Lew vroeër hierdie week gesê.

Die IMF berei reeds ‘n internasionale hulppakket voor, het MNI News Maandag berig.

Die Oekraïne se korrupte leiers van die verlede en die hede – veral Timoesjenkoe wat tronk toe gestuur is vir korrupsie en diefstal – verryk hulself graag ten koste van die gewone Oekraïners.

Dit is waarskynlik weer die kruks van die ooreenkoms tussen sulke leiers en internasionale banke: Persoonlike belang kry voorkeur bó landsbelang.

Die vrugbare swart grond kon vroeër meer as ‘n kwart van die Sowjet-landbou-uitset lewer, en sy plase aansienlike hoeveelhede vleis, melk, graan , groente en vrugte na ander Sowjetrepublieke uitvoer.

So ook kon gediversifiseerde swaar nywerhede unieke toerusting en grondstowwe na ander streke van die voormalige Sowjet-Unie uitvoer.

Die daling in staalpryse en die Oekraïne se blootstelling aan die wêreldwye finansiële krisis as gevolg van die aggressiewe buitelandse lenings het groei in 2008 gekortwiek en die ekonomie het met meer as 15 persent in 2009 gekrimp, die ergste ekonomiese prestasie in die wêreld.

Met die gastarief wat nie vroeër deur die wettig verkose regering verhoog is nie, het die land weer negatiewe groei getoon in 2011, toe die IMF se ingryping van $15 miljard ingekort is.

Die IMF se swak vertoning het hulle nou genoop om in te gryp om “vinniger te privatseer”, ‘n eufemisme vir batestropery. Swaarkry is dus die inwoners se voorland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.