Malema rand wit bestuurder aan, geen klag

Deel op

malema3Julius Malema het na bewering ‘n wit man aangerand wat getoet het oor die EFF-leier se padgedrag.

Die klaer het nou die saak teruggetrek. Dit is nie bekend of hy deur die polisie geïntimideer is nie.

Die padwoedevoorval het Dinsdag in Polokwane gebeur toe Malema die man geslaan het en vir hom geskree het “Ons sal jou opf-k!”

Volgens Africa Review se webwerf Woensdag , het Juju ‘n man aangerand wat getoet het oor sy roekelose bestuurstyl.

Malema het ‘n silwer Mercedes Benz S-klas bestuur en glo die man se voertuig beskadig.

Die motoris het aanvanklik ‘n klag van aanranding en saakbeskadiging aanhangig gemaak, maar het dit sedertdien teruggetrek, het Eye Witness News Donderdag berig.

Bernard Redelinghuys, 22 , het Woensdag gesê hy is deur Malema en ‘n ander man tydens die padwoedekonfrontasie in Polokwane aangeval.

Woensdag het die polisie in Limpopo gesê hulle ondersoek ‘n saak van aanranding teen Malema en drie ander mans.

Die polisiewoordvoerder Hangwani Mulaudzi het gesê volgens Redelinhuys het drie swartes uit Malema se motor gespring, hom gegryp en hom in die gesig geslaan, asook sy voertuig beskadig.

Mulaudzi het gerugte dat die saak nooit ondersoek is nie, ontken, maar kon nie Malema se weergawe van die gebeure weergee nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.