Begroting: Oproer en betogings dwing die staatskas oop

Deel op
Gordhan
Gordhan

Onderwys het die grootste enkele toekenning van die land se R1.25 triljoen-begroting ontvang en maatskaplike toelaes die meeste.

Vanjaar se begroting moes ‘n verskeidenheid doelwitte bereik, waarvan die belangrikste seker was om broodnodige ekonomiese groei te stimuleer om die buitelandse beleggers tevrede te hou en daarna infrastruktuurontwikkeling en toelaes om kiesers tevrede te hou.

Dus was dit voorspelbaar dat maatskaplike besteding die grootste deel van die koek geëis het.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) het op R57.3 miljard ‘n styging van 19.7 % getoon.

Gewelddadige en diensleweringstakings het hul stempel op die begroting afgedruk. Die tweede grootste toekenning is aan behuising en gemeenskapsontwikkelingsgeriewe gegee, wat ‘n styging van 12,3 % en ‘n totale bedrag van R142.9 miljard verteenwoordig.

“Protes is ‘n teken dat die mense die tempo van die regering in die lewering van behuising, water, sanitasie wil bespoedig sien, ” het Gordhan gesê in sy begrotingsrede in die Parlement Woensdag.

Behuisingsontwikkeling ontvang ‘n yslike 18,9 %-verhoging van R34.8 miljard. Watertoevoer was volgende, met ‘n toename 15,7 % tot R27.8 miljard.

Gordhan het beklemtoon dat R19.4 – miljard toegeken is aan die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema oor die volgende drie jaar.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.