Monstermotor van 1202 Kilowatt!

Deel op

Die Mosler Red Devil

Al ooit gehoor van Mosler? Wel, dit is ‘n Amerikaanse spesialisvervaardiger wat eintlik Chev Corvettes ombou na monstermotors toe. Hulle peuter nie net met die enjin nie, maar het ook hulle eie bakontwerp. Hulle het die jongste Corvette 7.0-literenjin met net 404 Kw gevat en twee turbo's aangebout.
Deel op

Wel, die uit einde is ‘n allemintige 1202 Kw. Ja, jy het reg gelees. Vir ‘n motor wat jy op die openbare pad mee kan ry, is dit skrikwekkend. Die motor sal die Mosler MT900 S Red Devil heet.

Image

Ferrari-rooi Fiat 500

Fiat 500

Kort na die aankondiging dat die wêreldmotor van die jaar, die Fiat 500, plaaslik beskikbaar is, het Fiat nou ‘n spesiale weergawe bekendgestel. Die motortjie is gebaseer op die Fiat 500 Sport, maar daar is amper meer Ferrari-rooi items aan hierdie karretjie as in ‘n regte Ferrari. Hy kom in regte Ferrari-rooi, met rooi remknypers, sportrempedale, ‘n swart leerstuurwiel met rooi speke, leer binnekant en spesiale genommerde plaatjie in die deure. Die verrigting is ook so bietjie opgekikker met ‘n sportuitlaatstelsel deur Magneti Marelli, die Ferrari-onderdeelverskaffer.

Image

Mitsubishi Dakar Rally

Mitsubishi se nuwe Rally Dakar-motor

Volgende jaar se Dakar-tydren sal nie in Dakar gehou word nie, maar in Suid-Amerika. Mitsubishi het so pas hulle planne vir volgende jaar bekendgemaak met die bekendstelling van die Racing Lancer wat hulle in die wedren wil gebruik. Die motor is ‘n superveldmotor wat spesiaal met die wedrenreëls in die oog ontwerp is. Hy sal aangedryf word deur ‘n 3.0-liter V6 met ‘n turboaanjaer wat sowat 191 Kw ontwikkel. Dit klink min, maar wag, die ding is diesel, ja diesel. Die ouens by Mitsubishi is braaf met so 'n skuif.  Natuurlik is die motor dan ook vierwielaangedrewe en hulle sê die stelsel sal die grondslag vir die volgend Pajero se vierwielstel vorm.

Image

DTM-veiligheidsmotor

R8 is DTM se Veiligheidsmotor

Audi het so pas aangekondig dat die R8-supermotor vars na sy rol as veiligheidsmotor by die Le Mans-wedren dan ook die amptelike DTM (Duitse toermotor) -veiligheidsmotor sal wees. Die motor moes minimale verandering ondergaan om die rol te vervul, want soos ons almal weet is die R8 alreeds ‘n supermotor.

Image

Lewis Hamilton

Lewis Hamilton is baie ryk

Ja, dis nie net die ouens wat sokker speel wat baie ryk is nie. Die formule 1-jaer Lewis Hamilton het so pas 200 000 Britse pond vir ‘n spesiale nommerplaat wat lees “LEW 1S” betaal. Hamilton se basiese salaris by Mercedes Mclaren beloop sowat $27 miljoen (R205 000 000) per jaar. Dit is baie erg, maar dit is dan ook nie elke 23-jarige renjaer wat vir Mclaren se formule 1-span jaag nie, nè? Ons weet ongelukkig nie watter een van sy supermotors die nommerplaat gaan dra nie, maar dit kan moontlik die Mclaren F1 LM-motor wees wat hy belowe is as hy die 2008-seisoen wen. Die motor is sowat R4 miljoen werd.

Maserati Gran Turismo Spyder

Maserati het aangekondig dat hulle die baie gewilde GranTurismo se dak gaan laat waai. Die motor sal die Spyder heet. Dit deel ook dan onderdele met die nuwe Ferrari California wat so 'n maand gelede bekendgestel is. Die Spyder sal dieselfde 298KW V8-enjin van die Gran Turismo-koepee gebruik. Hy het ook dan ‘n 6-spoed-ZF outomatiese ratkas soos die koepee. Hierdie motor sal vroeg in 2009 beskikbaar wees en ons glo plaaslik sal hy baie gewild wees.

 

для аккумуляторалобановский класс харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.