Nasionale hoof van okkulte-eenheid waarsku oor toename landwyd

Deel op
Oliver Becker, Duitse navorser
Oliver Becker, Duitse navorser

Die nasionale hoof van die polisie okkulte-misdaadeenheid, kolonel Attie Lamprecht sê daar was die afgelope tyd landwyd ‘n toename in misdade wat met die okkulte verband hou.

Die toename in moetiemoorde het ook tot oproer in Motupa, Moleketla en Kubjana in Limpopo gelei. Die provinsie spog met ongeveer 250 moetiemoorde per jaar.

Navorsers soos Oliver Becker het reeds daarop gewys dat dié moorde verbind kan word aan sokker en politiek regoor Afrika.

Daar is veral in Gauteng op die liggame van kinders afgekom waarvan liggaamsdele verwyder is, het RSG berig.

Die polisie vermoed dat hulle vir moetierituele vermoor is. Daar was die afgelope maande 78 voorvalle in Johannesburg wat met daarmee verbind kan word.

Van dié gevalle was 48 strafregtelik vervolg. Lamprecht het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om bewus te wees van die probleem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.