Afrikaanse hoof aangekla omdat sy kla oor swart hare stink

Deel op

haarstink2Die hoof van die Wordsworth-hoërskool in Benoni aan die Oos-Rand is van wangedrag aangekla en vir 90 dae geskors nadat sy swart leerlinge gevra het om hul hare te was omdat dit stink.

Daar word beweer dat sy “rassistiese aanmerkings” gemaak het.

Die departement van Basiese Onderwys sê dr. Annelize Horn het aan ouers geskryf dat swart leerders hul hare net eenkeer ‘n maand was.

‘n Woordvoerder van die departement, Phumla Sekhonyane sê Horn is verlede jaar deur die departement geskors. Sy sê ‘n ondersoek is pas afgehandel en dat Horn nou formeel aangekla is.

Een van die leerlinge het ‘n petisie begin omdat hy voel dat sy geteiken word deur ‘n paar ongelukkige leerders wat hulle nie aan die reëls steur nie en omdat sy streng was met hulle.

Shaun Bartlett sê die Afrikaanse hoof wil toesien dat dissipline heers en is daarom uitgesonder.

Sommige swart haarprodukte is uiters onwelriekend en kan waarskynlik problematies raak in geslote ruimtes soos klaskamers.

Swart vroue kla dikwels dat produkte wat hare ontkrul, sleg ruik. Die reuk is soos die van vrot eier. Haarproduktevervaardigers vir die swart mark is bedag daarop dat hulle reukwerende middels insluit om die stank te kamoefleer.

Sommige swart vroue beweer dat slegte haarreuke ondermeer te wyte is aan ‘n gebrek aan harewas om die styl te preserveer.

Bartlett het bygevoeg dat die petisie aan die Departement van Onderwys oorhandig sal word.

Hy het ook gesê as Dr Horn werklik rassisties was, het dit 20 jaar geneem om te manifesteer.

“Persoonlik dink ek die probleem is uit verband geruk en dat dit kan maklik opgelos kan word as al die belanghebbende partye om die tafel saamsit en die dissiplinêre probleme wat ondervind word in die skool bespreek,”

Sekhonyane het egter gesê: “Ons sal nie beïnvloed word deur eksterne faktore buite wetlike omgewing nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.