Kerry spring op die gay-wa in Afrika

Deel op
kerrydonkie
Het Kerry nog ‘n Nazi-skop in hom?

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry het nuwe anti-gay wetgewing in Oeganda met die anti-Semitiese wetgewing van Nazi-Duitsland en apartheid in Suid-Afrika vergelyk.

Dié Nazi-uitspraak deur Kerry volg na ‘n duidelik georkestreerde poging teen die PUK oor beweerde Nazi-salute.

Kerry het soos ‘n wafferse Zampolit geklink, ‘n uitgediende kommunistiese militêre Sowjetrang wat denkebeheer toepas dmv leuens en vervalsings.

Kerry het aan verslaggewers gesê indien die fokus van die wetgewing na swart mense of Jode verskuif sou word, ‘n mens hom sou kon verbeel dat hy in Duitsland in die 1930’s of in Suid-Afrika in die 1950’s en 1960’s is.

Daar was rassesegregasie (apartheid) In die VSA tot in die 1970’s.

Die president van Oeganda, Yoweri Museveni het Maandag ‘n wetsontwerp onderteken ingevolge waarvan mense wat hulle herhaaldelik aan homoseksuele dade skuldig maak, lewenslank tronk toe gestuur kan word.

Die wetgewing is baie gewild in Oeganda en oral in Afrika waar dit as ‘n taboe beskou word. Dit word ook verbind met die skerp afname in MIV/Vigs-besmetting in die land.

Verlede week het ‘n swart Suid-Afrikaanse joernalis nalv die wetgewing getwiet dat dit in orde is om homofobies te wees, sowel as rassisties.

Oeganda verbied ook gay-aktivisme. Ten spyte van verwoede teenkanting uit Afrika het Kerry gesê die “probleem bestaan nie soseer in Afrika nie”, maar is ‘n “wêreldwye” een.

‘n Referendum daaroor in Suid-Afrika sal ongetwyfeld dieselfde uitkoms hê as in Oeganda, en die ANC en hul Anglo-Amerikaanse borge in ‘n diep verleentheid stel.

Anglo-Amerikaanse elites is besonder gevoelig vir gay kwessies. Dié feit het ‘n vorige Franse premier Edith Cresson genoop om te sê een uit elke vier Britse mans is gay.

Sy het dit toegeskryf aan ‘n swak opvoedingstelsel. Cresson het Amerikaanse en Duitse mans ook daarby ingesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.