Juju ondersoek oor padwoede-voorval

Deel op

effjujuDie leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema en drie ander mans word ondersoek in verband met ‘n beweerde voorval van padwoede in Polokwane, het RSG berig.

‘n Limpopo polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi sê ‘n 22-jarige motoris beweer dat Malema en drie mans hom gisteraand aangerand het.

Die motoris sê hy het sy toeter geblaas vir die bestuurder van ‘n Mercedes om hom te laat weet dat hy te naby aan hom ry.

Drie mans het na bewering uit die Mercedes geklim, die motoris gegryp en op hom geskree. Mulaudzi sê die motoris het net vir Malema herken.

Malema het na bewering die motoris geklap en sy motor met ‘n harde voorwerp geslaan. Die motoris het ‘n saak van aanranding en saakbeskadiging aanhangig gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.