Transformasie sal Afrikaans red sê prof

Deel op
Andries Visagie, middel
Andries Visagie, middel

Afrikaans word uitgesluit uit die samelewing, sê Andries Visagie, dosent aan die Universiteit van Pretoria, maar transformasie sal die taal red.

Prof. Visagie het sy pleidooi nietemin in Engels geskryf.

Volgens die 2011-sensus het die aantal moedertaalsprekers van Afrikaans met 800.000 individue toegeneem sedert die vorige sensus.

Afrikaans floreer as die derde grootste moedertaal in Suid-Afrika en as ‘n gewilde taal van kommunikasie in Namibië.

Die lojaliteit van Afrikaanse lesers wat boeke in hul moedertaal verkies is dikwels ‘n bron van jaloesie vir uitgewers wat fokus op publikasies in ander tale, skryf Visagie.

Visagie bemerk ‘n “interne verdeeldheid binne die Afrikaanssprekende gemeenskap” tesame met ‘n “skynbaar nimmereindigende neiging onder sake- en openbare instellings om sektore waar Afrikaans vrylik gepraat word”, te beperk.

Die vraag is of Afrikaans sal in staat wees om hierdie uitdagings te oorkom en om te floreer as ‘n moedertaal, vra hy.

Meer as 50 persent van Afrikaans se eerstetaalsprekers is bruin, maar voel gemarginaliseer deur die gebruik van ‘n Kaapse dialek van Afrikaans wat steeds “onvoldoende” in die standaard-variëteit van die taal gereflekteer word, volgens Visagie.

Hy is egter bemoedig deur Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer wat die legitimiteit van Standaardafrikaans bevraagteken.

Visagie beveel aan dat die besluitnemers by die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie Vir Wetenskap en Kuns hul reëls hersien en verkieslik nie “agter geslote deure” nie.

Visagie bepleit “noodsaaklike uitgebreide mediadeelname” asook ‘n proses gelei deur “dapper besluite van die belanghebbendes wat op die kommissie dien”.

Volgens Visagie beweeg baie gekleurde sprekers van Afrikaans na Engels as die taal van hul keuse, want hulle voel te ver verwyder van standaard-Afrikaans as ‘n variant van wit sprekers.

Hy meen dat “versoening binne die Afrikaanse taalgemeenskap steeds onafgehandel is weens die rasseverdeling wat samehorigheid onder die meer as 6 miljoen moedertaalsprkers ondermyn”.

Engels geniet steeds massiewe staatsondersteuning ten koste van Afrikaans, sê hy.

Universiteite wat histories Afrikaans as ‘n medium van onderrig aanbied, verkeer onder baie druk van Engels, die lieflingstaal van die huidige regering, kla Visagie.

Hy betreur die sluiting van Afrikaanse taaldepartemente by sommige tersiëre instellings, maar plaas sy hoop daarop dat die staat sal swig voor die sukses wat moedertaalonderrig kan verseker.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.