Sowat 200 plakkershutte is Dinsdag in ‘n brand in Midrand, tussen Pretoria en Johannesburg, verwoes het Gauteng-nooddienste gesê.
‘n Digte, donker rookkolom het steeds bo die gebied gehang teen laatmiddag. Inwoners het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die hutte aan die brand steek om hulle te verjaag.
Die Johannesburgse metropolisie het intussen bewerings ontken dat hulle die plakkershutte afgebrand het.
‘n Woordvoerder van die Gautengse nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die inwoners het die metropolisie die skuld daarvoor gegee, maar die brandweer het vinnig het die brand onder beheer gekry want hulle was bang dit sou uitbrei na ander gebiede.
‘n Woordvoerder van die Metropolisie, Wayne Minnaar, het die bewerings ontken en sê die metropolisie was daar om onwettige strukture af te breek, omdat mense die grond onwettig beset het.
Hy sê die inwoners het self die brand begin.
Sowat 100 mense is sit onder die bome sonder ‘n heenkome en moes Dinsdagnag daar deurbring.
Sommige inwoners het gesê hulle hul plakkershutte in die nag sal herbou.
Die plakkers het hul hutte tussen die McDonald’s restaurant en ‘n woonstelblok op Grand Central Boulevard opgeslaan.