Gordhan sal verkiesingsbegroting lewer sê ekonome

Deel op
Pravin Gordhan
Pravin Gordhan

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal na verwagting ‘n begrotingsrede lewer wat kredietgraderingsagentskappe gelukkig sal hou voor die verkiesing op 7 Mei 2014.

Na wat verwag word sal Gordhan waarskynlik hou by bestedingsplanne en teikens vir begrotingstekorte wanneer hy later vanmiddag die regering se begroting indien, het RSG berig.

Volgens ‘n meningspeiling onder ekonome, deur die nuusagentskap Reuters, is hulle dit eens dat die regering onder druk sal wees om ‘n verkiesingsbegroting te lewer.

Die Nasionale Vergadering het ook ‘n wetsontwerp goedgekeur wat daarop gemik is om infrastruktuurontwikkeling in die land meer vaartbelyn te maak.

Meer as ‘n duisend miljard rand is reeds die afgelope vyf jaar aan infrastruktuurprojekte bestee.

Die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel sê die wetsontwerp sal aan die presidensiële infrastruktuur-koördineringskommissie wetlike regte verleen en ook die pas van dienslewering versnel.

In die lig van die swak groeivooruitsigte en dalende fiskale buigsaamheid sal dit na verwagting fyn dopgehou word deur die grootste graderingsagentskappe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.