Mthethwa: Buitelandse eienaars van veiligheidsmaatskappye moet beperk word

Deel op

fidelitySuid-Afrika se minister van polisie, Nathi Mthethwa het Dinsdag ‘n wetsontwerp aan die parlement voorgelê met die doel om buitelandse eienaarskap van privaatsekuriteitsmaatskappye te beperk.

Die wetsontwerp sluit die ondersteuning van veiligheidsdienste vanaf Suid-Afrika na ander lande in, het Mthethwa gesê.

Xinhua berig dat privaatveiligheidsmaatskappye in buitelandse hande daardeur verplig sal word om 51 persent van hulle aandele aan Suid-Afrikaners te verkoop.

Tans is daar meer as 445.000 geregistreerde privaatveiligheidswagte in vergelyking met net meer as 270.000 gewapende statutêre magte in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ( SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) volgens die minister.

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê dit is noodsaaklik in belang van staatsveiligheid.

Hy sê die grens tussen privaatveiligheidsmaatskappye en privaat militêre maatskappye is besig om toenemend te vervaag.

Die groei van die privaatsekuriteitsbedryf is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Internasionaal het die privaatbedryf aansienlik gegroei oor die afgelope twee dekades.

Maar die groei in Suid-Afrika het talle ander ander lande die loef afgesteek.

Een van die redes vir die vinnige groei is stygende misdaad. Die polisie se onbevoegdheid in die stryd teen misdaad is ook ‘n belangrike faktor in die uitbreiding.

Sedert die einde van apartheid in 1994 is die polisie aan intense ondersoek deur die staat en die publiek blootgestel, maar dit is nie die geval met die privaatsekuriteitsbedryf nie, want hulle verantwoordelikheid is suiwer markgedrewe, het Mthethwa gesê.

Beide die regering en die burgerlike samelewing is gemoeid met die doeltreffende regulering van die bedryf en die wysigingswetsontwerp poog om die uitdagings aan te spreek, het hy gesê.

Mthethwa het ook besware verwerp dat dit sal lei tot werksverliese, ten spyte dat ‘n onteieningsklousule daarin vervat is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.