Groot storms op pad

Deel op

rampgebiede1Navorsing wat vandeesmaand in die International Journal of Climatology gepubliseer is, toon dat Suid-Afrika verhoogde reënval en meer oorstromings te wagte kan wees.

Die studie is deur ‘n Wits PhD-student onderneem. Die bevindings weerspreek egter die gewilde klimaatsveranderingoortuiging dat warmer oseane tot meer orkane lei.

Wanneer ‘n orkaan se vernietiging nuus maak, soos in die geval van die VSA se Katrina of die tifoon Haiyan in die Filippyne, word gesê dat klimaatsverandering meer storms veroorsaak.

Maar Professor Stefan Grab en Witsstudent Jennifer Fitchett van die universiteit se Skool vir Geografie, Argeologie en Omgewingstudie, wat siklone in die Suidoos-Indiese Oseaan oor 161 jaar bestudeer het, het bevind dat daar “geen duidelike tendens” van meer of minder storms is nie.

Fitchett gesê stormopsporingsmetodes het verbeter, wat gelei het tot ‘n persepsie van meer storms.

“Van 1940 af was daar ‘n groot toename in waarnemings as gevolg van lugverkenning en satellietbeelde.”

Nog ‘n faktor was meer mense wat op die kuslyn woon en dus bewus raak van die uitwerking van siklone.

Grab en Fitchett het ontdek dat siklone suid beweeg – en nader aan Suid -Afrika – wat lei tot hoër reënval en meer kanse van oorstromings.

Die wetenskaplikes was verras deur hul ontdekking.

Siklone – wat in die Indiese Oseaan ontstaan – of orkane – wat hul oorsprong in die Atlantiese Oseaan het – het ‘n seewateroppervlaktemperatuur van 26 of 27 grade Celsius nodig om te vorm.

Fitchett verduidelik dat omdat die oseane warmer word, word die paaie wat siklone kies breër en dus nader aan Suid-Afrika.

Dit beteken dat siklone wat Madagaskar sou getref het nou waarskynlik Suid-Afrika kan tref.

“Ons het reeds gesien toe ‘n tropiese sikloon suid getrek in 2007 was daar groot vloede in Limpopo, Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal,” sê Fitchett.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.