Zille se geloofwaardigheid duik in die plaashek

Deel op
Swart huurlinge werk nie meer nie...
Swart huurlinge werk nie meer nie…

Die DA probeer naarstiglik vure doodslaan nadat die party se steun vir die heropening van grondeise vir ’n tydperk van vyf jaar konsternasie onder grondeienaars veroorsaak het en hul leier se geloofwaardigheid onherstelbaar aangetas het.

Daar bestaan nou die sterk vermoede dat AgriSA-lede in die DA gekoöpteer is om boere te paai as die ANC voortgaan met grondgryp, aangesien Helen Zille se jongste verklarings oor die aangeleentheid in ‘n onsamehangende gebrabbel ontaard het.

Zille, die DA-leier, het haar steun vir die heropening van restitusie tydens die bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes die afgelope naweek bevestig, maar het Maandag ontken dat dit binne die DA bespreek is.

Die DA-LP en woordvoerder oor grondsake, Kevin Mileham, het weke gelede, op 7 Februarie reeds, in ’n verklaring die heropening van grondeise geprys.

Die DA het verlede week in die parlement tydens die stemmery oor aspekte van die wet, saam het die ANC daarvóór gestem!

Zille probeer tans verwoed terugkrabbel nadat sy uit twee monde gepraat het en sê haar party se parlementêre leierskap het nie die “reëls” nagekom in hul verklarings oor die Wysigingswetsontwerp oor die Herstel van Grondregte nie.

DA-lede was stom verbaas oor die leier se geskel tydens die drie uur lange buitengewone koukusvergadering waar sy oor die gewraakte verklaring deur die party se aangewese woordvoerder vir grondsake te kere gegaan het.

Terwyl Zille vroeër die heropening van grondeise gesteun het, beweer sy nou dat verklarings sonder haar medewete uitgestuur is en dat die DA “nog geen beleidstandpunt oor grondeise geformuleer het nie”.

As dit waar is, is dit uiters kommerwekkend dat die party nog nie een van die belangrikste kwessies vir hul kiesers oorweeg het nie, maar dat sy dit in haar verkiesingsmanifes vir 2014 die afgelope naweek nogtans as een van die sleutelkwessies genoem het.

Zille se onsamehangende uitbarsting oor die wysigingswetsontwerp is soortgelyk aan die herrie wat  oor die Wetsontwerp op Billike Indiensneming losgebars het.

Die DA het verlede jaar die wetsontwerp met oorgawe gesteun, maar skielik daarna allerlei stertjies aangelas om die skade te probeer beperk nadat fel kritiek daaroor ontvang is.

Grondrestitusie het daartoe gelei dat 90% van landbougrond wat oorgedra is, nie meer produktief aangewend word nie en braak en vervalle lê.

Om grondeise te heropen sal onproduktiwiteit in die sektor vergerger en dít teen ‘n enorme koste vir die staat.

Daar is geen logika in die proses nie behalwe om Suid-Afrika se voedselsekerheid te knou en noodsaaklike landbougrond uit te lewer aan roofkapitaliste teen belaglike lae pryse, en om stemvee na die DA te lok wat uiteidelik ‘n ANC-beleid nastreef.

Ontleders meen dit is nou duidelik dat die party ‘n buitelandse agenda het wat daarop gemik is om landbou te vernietig en chaos te saai, maar dié doelwit moet vir wit stemvee gekamoefleer word.

Die DA se buitelandse weldoener is tydens die samemeltingsfiasko met AgangSA ontbloot. Swart kiesers het die DA daarvan beskuldig dat hulle swart huurlinge ( Black rentals) vir vertoon aanhou.

Syfers van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming toon dat daar tot 397 000 nuwe ­eise kan wees wat die regering R179 miljard kan kos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.