Dekaan van Stellenbosch ontvoer en aangerand

Prof. Mohammad Karaan
Prof. Mohammad Karaan

Prof. Mohammad Karaan (46), dekaan van Agriwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch is voor sy woonhuis gekaap en na die swart woonbuurt, Khayelitsha ontvoer.

Daar is hy deur sy ontvoerders beroof en aangerand.

Die inligting is bekend gemaak deur kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.

Karaan se kaper het hom in die oprit voor sy huis beveel om agter in die voertuig te klim, en hy het gesien drie mans sit in ’n ander voertuig reg agter sy eie.

Die drie mans het met hom na die swart woonbuurt gery, sy persoonlike besittings gevat en hom in ’n plakkershut aangehou.

Terwyl die kapers in ’n woordewisseling was met mekaar, kon hy ongemerk wegraak en  kontak maak met ’n polisiebeampte wat op patrollie was.

Die polisiebeampte het hom opgelaai en na veiligheid geneem

Een van die drie verdagtes is in hegtenis geneem, maar die ander twee word nog gesoek.

Dit is nog onduidelik waarom Karaan ontvoer is. – Die Vryburger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.