Vlugte van die Kaapstadse Internasionale Lughawe is Maandag vertraag as gevolg van ‘n tekort aan brandstof.
‘n Woordvoerder van ACSA, Deidre Davids, sê vlugte van Comair het vertragings ondervind nadat die brandstofverskaffer nie aan die vraag kon voldoen nie.
Vlugte by die Kaapstadse Internasionale Lughawe wat weens die brandstoftekort is, is lugrederye wat deel is van Comair, is Kulula en British Airways.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het die verskaffer van vliegtuigbrandstof, Chevron, gevra om sy gekontrakteerde brandstofverpligtinge aan lughawens na te kom.
“Ander vlugte het voortgegaan om normaal te funksioneer,” het Davids gesê. “Daar is nogtans kommer oor brandstof-uitdagings op ‘n raffinaderyvlak.”
Sy sê die rederye behoort ‘n minimum van minstens drie dae se brandstofvoorraad te handhaaf.
Dit is nie duidelik hoe lank die vlugte vertraag is nie.
Suzanne Pullinger, Chevron se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.