FW sien Mandela as grootste Suid-Afrikaner ooit

Deel op

ImageFW de Klerk het verklaar dat Nelson Mandela die beroemdste Suid-Afrikaner is wat ooit geleef het en wat universeel as een van die grootste figure van die twintigster eeu beskou word.

Deel op

Hy het verder die 90-jarige vorige president van Suid-Afrika as 'n gebore leier met die nederigheid en grasie van 'n ware natuurlike aristokraat beskry.

In die vroeë negentigerjare was Mandela soms 'n harde, genadelose onderhandelingsvennoot en was hulle verhouding dikwels erg gespanne.

Na sy inhuldiging as president het Mandela egter sy sjarme gebruik om versoening te bevorder en 'n ontluikende multikulturele nasie te skep, volgens De Klerk.

компрессор винтовой илиФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.