Kieserregistrasie sluit vandag

Deel op
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Stemgeregtigde kiesers het nog tot vanmiddag tyd om te registreer om in die algemene verkiesing op 7 Mei te stem.

President Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat hy en die nege provinsiale premiers die nasionale en provinsiale verkiesing vandag sal proklameer.

Die hoofverkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die OVK sal bykomende personeel by plaaslike kantore ontplooi.

Hulle sal toesien dat alle stemgeregtigde kiesers wat vanmiddag om vyfuur in die tou is, kans kry om te registreer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.