Opwindende motornuus

Deel op

Image

Die Top Gear-span

Wil jy graag in 'Top Gear' se ateljee wees tydens 'n opname? Lees meer oor Benz se 'Black Series', die Lotus Eagle en die SCC.

Deel op

Benz se 'Black Series'

Die SL reeks wat ‘n maand gelede ‘n ontrimpeling ondergaan het het so pas ‘n nuwe heerser gekry. Dit is die SL 65 Black Series. Net om na die motor te kyk gee jou hoendervleis. Dit is so naby aan ‘n SLR Mclaren as wat kan kom. Die motor is ‘n voltydse koepee, met ander woorde sy dak kan nie afslaan nie. Hy staan breër op die teer en hurk laer op sy skokbrekers, hy het ‘n groot vlerk agter en sy wielboë is ook uit gebou sodat ‘n mens glad nie hierdie motor sal kan mis kyk nie.

Image

Mercedes SL65 AMG

Dit alles is darem nie net vir die oog nie, die is ‘n monstermotor met syfers wat jou oë sal laat traan. Krag uit hierdie 6,0 liter V12 met twee turbo aanjaers is byna ongelooflik teen 493KW teen 5400 o/min en ‘n vestommende 1000 Nm teen 1800 o/min. Hierdie motor sal van 0-100km/h versnel binne 3,8 sekondes en hy sal maklik 320 km/h haal. Die motor is ligter met koolstofinsetsels in die dak en bak en ‘n superlige onderstel. Die prys $320 000 of sowat R2,5 miljoen.

Lotus Eagle

Image

Lotus Eagle 2+2

Lotus het na baie bespiegelinge in die motorwêreld uiteindelik hulle nuwe midenjin 2+2 koepee aan die pers gewys. Die motor lyk soos ‘n Elise met ‘n slanker daklyn. Die enjin is ‘n Toyota 3,5 liter V6 met 205 KW se krag. Volgens Lotus kan die motor ‘n topsnelheid van 256 km/h haal en sal minder as 5 sekondes neem om 100 km/h te haal. Lotus sal nie net die 2+2 bou nie, maar daar sal inder waarheid vyf verskillende weergawes van die Eagle losgelaat word wat onder meer ‘n afslaan dak insluit. Produksie van die motors sal in April 2009 begin.

 

SCC

Image

SCC Ultimate Aero EV

Al ooit gehoor van SSC? Dit staan nou vir Shelby Supercar en dit is amptelike die wêreld se vinnigste produksiemotor. Die SSC Ultimate Aero het 412 km/h in twee rigtings aangeteken en dit vir ‘n standaard padmotor. Daai ouens het nou ‘n groen monster bekendgestel, naamlik die Ultimate Aero EV (Electric Vehicle) en soos die naam voorstel word hy deur elektriese krag aangedryf. Die motor sal aangedryf word deur twee 367 KW elektriese enjins, ja twee sowaar. Verder sê die ouens van SSC dat hierdie motor net elke ses jaar gelaai hoef te word. Ongelooflik!

 

Wil jy in 'Top Gear"se ateljee wees tydens 'n opmame?

As jy ‘n regte motorentoesias is weet jy dat Top Gear die program is wat jy nie mag misloop nie. Wel met kykersgetalle van bykans 200 miljoen mense elke week is dit verseker een van die gewildste tv-programme, maar wat julle dalk nie geweet het nie is dat jy ‘n hele 21 jaar sal moet wag om ‘n opname by te woon. Die drie manne van Top Gear is so gewild met hulle snaakse sêgoed en kinderlike speelsheid met al die duur en skaars motors dat jy nou al sal moet bespreek as jy eendag dalk in die ateljee wil wees tydens ‘n opname. ‘n Mens kan darem nie regte passie koop nie!

 

купить рюкзак для девочкиДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.