Die DA het Sondag sy ondersteuners die versekering gegee dat die party nie hul swart rassebeleid sal laat vaar nie.
Tydens die bekendstelling van hul verkiesingsmanifes in Polokwane het die DA-leier, Helen Zille gesê hulle ondersteun Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging (BSEB) ten volle omdat die apartheidsregering miljoene swartes toegang tot ekonomiese geleenthede ontneem het en dat die nalatenskap voortduur.
Daarme het die DA alle bespiegelinge oor verdeeldheid binne die party oor BSEB te ruste gelê.
Sy het gewaarsku dat BSEB-geleenthede vir alle swartes moet oop wees en nie net ‘n paar met politieke konneksies nie.
Zille het gesê hulle sal nie wegdoen met maatskaplike toelaes nie en dit selfs verhoog met aansporingstoelaes.
Sy het gesê 80% van die R2 miljard tenderbegroting van die Wes-Kaap is aan swart ondernemings in die vorige finansiële jaar toegeken.
Zille het oor die grondkwessie gesê haar party is verbind tot grondhervorming en sal R10 miljard belê om die grondhervormingsproses te versnel.
Zille, wat tesame met parlementêre leier Lindiwe Mazibuko en ander uitvoerende raadslede van die party, reeds twee jaar lank herhaaldelik in die openbaar verklaar dat die DA 30% van die stemme sal inoes, het vroeër in ‘n twiet teruggekrabbel en gesê dit is nie meer ‘n doelwit nie.