DA-leier vra swaarder straf vir Waterkloof-2 in maksimumveiligheidstronk

Deel op
James Selfe
James Selfe

Die DA-leier mnr. James Selfe, wat bekend is om sy anti-Afrikanergevoelens, het in ‘n verklaring gevra dat die departement van korrektiewe dienste die oorblywende twee jong mans van die Waterkloof-4 swaarder moet straf deur hulle saam met geharde misdadigers in Kokstad C-max of die Mangaung-gevangenis naby Bloemfontein moet opsluit.

Selfe is voorsitter van die party se federale bestuur.

Die party het die herarrestasie van die twee jong mans “verwelkom” en gesê dat hy verheug is dat Frikkie du Preez en Christoff Becker tans in aanhouding verkeer, afhangend van ‘n ondersoek deur die departement van korrektiewe dienste.

Selfe, wat hom beskryf as die DA se “skaduminister van korrektiewe dienste” gaan ook aan die departement skryf om die volle besonderhede te bekom aangaande die twee jong mans se onlangse vrylating en die voorval toe hulle op die vooraand van hul vrylating in hul selle alkohol gebruik het.

Selfe het dit betreur dat die twee jong Afrikanermans op parool vrygelaat is en gesê die DA is gekant daarteen dat gevangenisse “rondomtraliedeure vir oortreders” word.

Op ‘n vraag waarom daar so min Afrikaners in DA oor is terwyl 50% van die party se kiesers Afrikaans is, het Selfe voorheen aan Rapport gesê dat dit “bog is dat net ’n Afrikaanssprekende ’n Afrikaanse kieser kan verteenwoordig.

My kiesafdeling is oorwegend Afrikaans, maar ek (’n Engelssprekende) kan met hulle identifiseer. Vir die DA gaan dit oor of die kandidaat ’n outentieke verhouding met die kiesers het en of hulle die DA se beleid verstaan en dit kan verwoord.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.