Afrikaners se Nongqawuses

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

In die jaar 1856, aan die Oosgrens, het ‘n jong Xhosa-vrou, Nongqawuse, water gaan skep langs ‘n rivier. Met haar terugkeer het sy haar oom vertel dat sy ‘n boodskap van haar voorvadergeeste ontvang het. Dié het haar vertel dat die Xhosas hul gesaaides en beeste moes vernietig. In ruil daarvoor sou die voorvaders die Engelse setlaars in die see in jaag. Die Xhosas sou dan gesonder beeste en vetter gesaaides ontvang, aangesien baie van die Xhosas se beeste ‘n longkwaal by die setlaars se beeste aangesteek het.  Nongqawuse het voorspel dat die son op 18 Februarie 1857 rooi sou word, en dat haar voorspelling bewaarheid sou word op daardie dag.

Die Xhosas het toe gehoor gegee aan Nongqawuse se visioen, en massas van hulle eie beeste begin doodmaak. Daar word bereken dat soveel soos 400,000 beeste doodgemaak is.  Die uitkoms was voorspelbaar: Derduisende Xhosas het omgekom van die honger.  Helaas vir die Xhosas het die voorvaders nie saamgespeel nie. Op 18 Februarie, 1857, het die son nes elke ander dag opgekom, en was hy nie rooi nie. Die Engelse is ongelukkig nie die see in gejaag nie. Vandag, meer as ‘n honderd en vyftig jaar later, is ek persoonlik jammer laasgenoemde het nie gebeur nie, terloops.

Ek as Afrikaner kan egter nie té veel neersien op die Xhosas wat nasionale selfmoord wou pleeg nie.  In der waarheid kan ek glad nie op die Xhosas neersien nie, want elemente in my eie volk is besig om presies dieselfde met Afrikaners te maak as wat Nongqawuse destyds met haar volk gemaak het.  Nongqawuse het voorvadergeeste aanbid. Nongqawuse se modern geestesgenote is eweneens fanatici wat ‘n ander geloof aanhang, ‘n geloof wat selfs meer absurd is as Nongqawuse se geloof in haar voorvaders, maar wat net sulke geloofsspronge vereis.

Dié geloof se gode het verskeie name. Een van die afgode heet nie-rassigheid, maar dit is ‘n misleidende naam, omdat dit eintlik nie-blankheid beteken. Nog ‘n afgod heet anti-rassisme, maar weer eens is die naam ‘n misleiding, want dit beteken in wese anti-blankheid.  Die sentrale kategismus van hierdie afgodediens kan na die volgende eenvoudige leerstelling gereduseer word:

Swart goed. Blank en Afrikaner sleg.

Daar is dus hoegenaamd geen verskil tussen die primitiewe Nongqawuse en die ewe primitiewe fanatici van hierdie godsdiens se lewensuitkyk nie. Vir Nongqawuse was dit: “Xhosa goed. Brit sleg.”  As daar dus steeds Afrikaners is wat hulself meerderwaardig voel teenoor die volksselfmoord van die Xhosas in die 1850’s, sou ek dink hulle moet bietjie gaan besin oor die volksselfmoord van die Afrikaner en ander blankes wat op 2 Februarie, 1990 in aanvang geneem het, toe Pienk Frikkie die dooie terroris-afgod, Mandela, se vrylating aangekondig het, iets wat uitgeloop het op die skandelike oorgawe by Kodesa.

Die liggelowige Xhosas is beter gesaaides en gesonder beeste belowe. Liggelowige blankes is die son, maan en sterre in 1992 se referendum beloof, en soos idiote het ‘n meerderheid van ons ja gestem. Die Xhosas het geglo dat die son rooi sou opkom  op 18 Februarie, 1857. Blankes is oortuig die land van melk en heuning sou op Suid-Afrika neerdaal op 27 April, 1994. Die Xhosas het weliswaar hul gesaaides vernietig en hul beeste geslag en van die honger omgekom, maar baie blankes was en is steeds nog dommer as die Xhosas. Ek hoor dikwels volslae blanke idiote wat opgee oor hoe transformasie, rasstellende aksie en SEB kwansuis nodig is, wat my noop om te dink dat daar heelwat blankes is wat steeds, in 2014, meer agterlik en primitief as die mees primitiewe Xhosa van die 1850’s was. Om jou kinders se toekoms aan rasstellende aksie uit te lewer, is net so dom as om jou en jou kinders se beeste te laat slag.

Dit is onduidelik of Nongqawuse bloot versteurd of kwaadwillig was, en of sy die gevolge van haar optrede sou kon insien. Dit ly egter geen twyfel nie dat daar onder die hedendaagse blankes wel die kwaadwilliges is. Daar is diegene, die fanatici en slange aan eie boesem, wat onverbiddelik daarop uit is om die volksselfmoord wat op 2 Februarie, 1990 begin is, te voltrek. Niks wat Afrikaans en eie aan Afrikaners is, mag staande bly nie.

Nie die NG Kerk nie, dáárvoor sal ekstreemlinkse, fanatiese Nongqawuse-dominees sorg, en hul guerrilla-metode om die NGK te vernietig heet die Boesakbelydenis.

Nie Afrikaners wat professionele poste beklee nie. Hulle sal getransformeer word. Hulle sal deur rasstellende aksie geteiken word. Bied hulle weerstand, skree die fanatici dat hulle rassiste is.

Nie die korrekte, suiwer vorm van die taal nie. Daarvoor sal Magdaleen Kruger van RSG en haar trawante sorg. Kruger wil Afrikaans “teruggee”, maw transformeer na een of ander basterbraktaal – gaan sy haar Kaapse basterbrak-Afrikaans, deurspek met Engelse terme met slegs hier en daar ‘n herkenbare Afrikaanse woord, moontlik  Kafrikaans noem?

Al die voormalige Afrikaans universiteite is reeds uitgewis, behalwe vir een, die NWU, wat nog effentjies Afrikaans is.  Dit kan egter nie geduld word deur die Nongqawuses van Naarpers nie. Onder die liggewig weergawe van Nongqawuse wat stelselmatig besig is om Beeld se lesers te beledig en te vervreem, Adriaan Basson, het ‘n horde Naarpershoernaliste onlangs op die PUK toegesak, met die uitsluitlike doel om om die laaste Afrikaanse universiteit ook te vernietig.

Hul metode is eenvoudig. Onthou die sentrale leerstelling van hul geloof: Swart goed, Afrikaner sleg. Hoe maak mens ‘n ganse volk sleg? Maklik – jy noem hulle rassiste of Nazi’s, al is jou teikens verbouereerde eerstejaarstudente. Kennelik is die liggewig Nongqawuse Adriaan Basson nie opgewasse teen meer formidabele opponente as eerstejaartjies of elfjarige dogtertjies nie.

Gelukkig is daar diegene wat begin wakker word, wat begin vrae vra oor die agenda van die Nongqawuse’s in eie geledere. Die liggewig wat elfjarige meisietjies en eerstejaars teiken is toegegooi met kritiek deur huidige en voormalige PUKKE, top op die punt dat Nongqawuse Basson geteem het in ‘n huilerige hoofartikel dat hy kwansuis geen agenda het nie. Ek lees selfs gister ‘n twiet van Flip Buys wat vra of Basson ‘n aktivis of ‘n joernalis is.

Ek hoop die meeste Afrikaners word wakker bevry hulself van die Nongqawuses in eie geledere, voordat laasgenoemde se vernietigingswerk voltooi is. So nie, verdien ons dit om dieselfde lot as die Xhosas van die 1857 te deel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.