Skewe-Beeld se agenda

Deel op
Hannes Engelbrecht
Hannes Engelbrecht

deur Hannes Engelbrecht

Beeld, daardie Johannesburgse pamfletjie wat vinniger lesers verloor as ‘n kat na ‘n vlooibad, se agenda ruk nou hande uit.

Sedert die liggewig Adriaan Basson oorgeneem het as redakteur is byna elke Afrikanerinstelling ‘n teiken. Uit die binnekringe word reeds gefluister dat die lang messe uit is vir sy arrogansie.

Die jongste poging van Beeld om die enigste Afrikaanse kampus (Pukke) in die land swart te smeer, val netjies in by hul gekraai van plesier toe ‘n swart kanselier aangewys is.

Ontgroening en studentepret is deel van die studentelewe. As dit gepaardgaan met ‘n paar hikslae is dit omdat jongmense somtyds ook foute maak. Die ironie is dat die Puk beheer is en was deur liberale. Sommige dosente figureer baie sterk in die DA. Onder Theuns Eloff se vise-kanselierskap het die Dakargangers soos Max du Preez ook by die Puk kom nesskrop. Dit tel nie vir Beeld nie. Die Puk is Afrikaans en daarom is die skietseisoen oop op hulle.

Dis onverstaanbaar dat ‘n “Afrikaanse” koerant so ‘n doodswens kan he; om sy eie oorlewing as Afrikaanse blad op te offer ten gunste van ‘n klein agenda van ‘n paar roekelose leke-joernaliste.

Front Nasionaal is nie een van Beeld se gunstelinge nie. Geen enkele persberig of brief word geplaas nie. Ons het daar nie ‘n saak mee nie. Ons soek nie die krummels wat van Adriaan Basson se tafel afval nie.

Ons het egter ‘n waarskuwing aan Beeld: moenie te veel karring aan lesers nie. Spreuke praat van ‘n gekyf wat soos ‘n druppende kraan is. Beeld se druppende kraan les lankal nie meer die dors van die Afrikaner nie.

Hannes Engelbrecht is leier van Front Nasionaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.