Wit ANC-vriend vas vir bedrog

Deel op
Jacques Nell
Jacques Nell

‘n Wit ANC-sakeman, vriend van EFF-leier Julius Malema en evangeliese aartappelboer Angus Buchan, is in hegtenis geneem oor beweerde bedrog van R9 miljoen.

In 2011 het Jacques Nell, 47, eertydse voorsitter van die Polokwane-sakekamer saam met Malema en ander ANC hoëlui gaan vakansie hou in Italië.

Hy was ook aan Angus Buchan se sy tydens 2011 se Mighty Men-konferensie wat gehou is om wit ontevredenheid dmv godsdiens te bestuur.

Die Valke het Nell Dinsdag in Pretoria gearresteer. Hy staan tereg op twee aanklagte van bedrog omdat hy na bewering vals dokumente verskaf het om finansiering van R9 miljoen van Absa te kry.

Nell is ook bekend as Jabulani by sy swart ANC-vriende Juju, Mathews Phosa en Cassel Mathale, voormalige premier van Limpopo.

Nell het ‘n bedryf besit wat Xerox-produkte verkoop het, maar dit is aan die einde 2012 skielik gesluit.

Review, ’n plaaslike koerant, het berig dat die Nells daarna ’n ski-vakansie in Frankryk gaan hou het terwyl sy werknemers sonder werk gesit het.

Nadat ‘n klagte in 2012 by die Valke ingedien is omdat Nell glo onregmatig tenders van R14 miljoen bekom het, het die ondersoekbeampte ook afgekom op die beweerde bedrog met die Absa-lening.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.