Honderde kopieë van Anne Frank se dagboek in Tokio geskend

Deel op

annefrankHonderde kopieë van die “Anne Frank se dagboek” en verwante boeke oor haar is gevandaliseer in biblioteke in Tokio.

Biblioteek-amptenare het die polisie in kennis gestel dat minstens 265 kopieë by 31 biblioteke se bladsye uitgeskeur is.

Die voorval het Amerikaanse Joodse menseregtegroep, die Simon Wiesenthal-sentrum, genoop om ‘n beroep te doen dat ondersoek na die voorval ingestel word.

“Die geografiese omvang van hierdie voorvalle suggereer sterk dat dit ‘n georganiseerde poging is om die nagedagtenis van Anne Frank te skend,” het Abraham Cooper van die sentrum gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.