Beeld voer haatveldtog teen die Puk

Deel op
Naarpers se liefling-Nazi's
Naarpers se liefling-Nazi’s

Dit blyk dat regte, egte Nazi’s, van die soort wat tans die verkose regering in die Oekraïene destabiliseer met geweld, Naarpers se goedkeuring wegdra.

Maar ‘n paar lawwe en vervelige studente by die Puk het volgens die smeerkoerant ‘n doodsonde begaan om ‘n “Nazi-saluut” te wys tydens… ontgroening.

Ja, u het reg gelees! Ontgroening. Die heel lafste manier waarop studente hulself as studente bevestig, is vir die comrades by Naarpers erger as ‘n misdaad teen die mensdom.

“Internasionaal word studente, sportsterre en bekendes wat dit wys verguis, afgedank en selfs tronk toe gestuur,” aldus Beeld.

“Enigiemand met die kleinste begrip van die geskiedenis sal weet dat dit onaanvaarbaar is om die Nazi-saluut in die openbaar te wys,” skel Beeld sy lesers. Maar dis doodreg met Naarpers as volbloed Nazi’s soewereiniteit en demokrasie mbv gewelddadige buitelandse agente ignoreer. Om nie van hoogverraad en terreur te praat nie. Alles piekfyn!

Dit kan net uit pure kwaadwilligheid wees dat ‘n koerant sulke berigte oor ontgroening by die Puk met doodserns aanbied, asof die giftige gas van Auschwitz hul neusvleuels onbehoorlik terg.

Praag het reeds oor die rol van die Nazi’s en die Open Society-miljardêr George Soros se befondsing vir die omverwerping van ‘n demokraties verkose regering in die Oekraïene berig.

Volgens Naarpers se opper-Afrikaanse, bied Brittanje en Nederland “morele en praktiese steun aan die Oekraïense opposisie”. Geen sprook gesprak oor die terreurbefondsing wat nou reeds tot die dood van byna ‘n honderd mense gelei het of die rookkolomme van brandende buitebande wat oor die hoofstad Kiëf hang nie.

Leopold Scholtz maak ook seker dat hy geen verwysing na die Oekraïeniese SS (Spilna Sprava) in sy pro-Nazi-berig insluit nie.

Naarpers het die gewone “Nazi’s” uitgesnuffel, en sommer hier naby in Potchefstroom, nie Bloemfontein nie. Dit pas so reg in Scholtz en die nuwe dorpsidioot Adriaan Basson se kraal want dis weer wit Afrikaners wat ter sprake is. Het Leopold ons nie reeds male sonder tal, met oorgawe vertel hoe onderling uitruilbaar die twee begrippe is nie?

Beeld voer tans ‘n reusesmeerveldtog teen die Puk. Die agenda is ‘n herhaling van wat die spul dommes daar gereeld onderneem, en dis al lank in die tand: Smeer die Afrikaner swart, breek sy instellings af en verdoem hom tot ‘n minderheid wat aan ‘n meerderheidstirannie uitgelewer is.

Die laaste paar dae bel omgekrapte vooraanstaande ondersteuners van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus redaksielede van Beeld om te kla oor die openlike haatveldtog wat die koerant en hul slinkse nuwe redakteur Basson dryf, maar soos gewoonlik is dit kommunikasie per gebreekte telefoon.

Basson en sy snuiters is horende doof. Hulle hou hulself glo te besig met “joernalistiek” sê hy.

Die comrades daar in die swart moddertoring – lank nie meer van ivoor nie – het “nuussin” en “dien die openbare belang”, verklaar hy hoogheilig. Basson het gerieflikheidshalwe vergeet om by te voeg dat hy die swart openbare belang bedoel wat wit Afrikaners per definisie uitsluit.

Die afgelope twee weke het die skorsing van twee koshuise se huiskomiteelede oor ontgroening op Potchefstroom nou gevorder na die hoofnuus oor studente se Nazi-salute. Dis nie eers eties verdag nie. Dis kru en kras en uiters bedenklik wat die monopolistiese moddergooiers aanvang.

Dis die gereelde bombardement teen opgevoede, ordentlike mense, weer op dieselfde trant as wat daardie handgebaretolk met Mandela se begrafnis met die dowes gesels het.

Die verkragters, kindermolesteerders, mensehandelaars, dwelmsmouse, swendelaars en misdadigers moet ‘n groot sug van verligting slaak dat Naarpers hul doelwit so getrou nastreef en op die vernietiging van Afrikaners fokus.

Dit laat darem oorgenoeg ruimte vir die skuim om na bo te dryf.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.