Oproeriges by Howards-kampus met traanrook verwilder

Deel op

howard-collegeOproerige studente het weer klasse by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howards kollege-kampus in Durban ontwrig.

Swart studente is ontstoke oor die uitkering van geld uit die Nasionale Studente Finansiële Skema wat hulle glo hulle toekom.

Die polisie moes van traanrook en pepersproei gebruik maak om die klipgooiers en vandale uiteen te jaag.

Vroeër die week is rubberkoeëls en traanrook ook by die universiteit se Edgewood-kampus ingespan om oproerige studente uiteen te jaag.

‘n Saak van openbare geweld wat aanvanklik teen 70 studente geopen is, is egter later van die rol geskrap.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.