RSG noem sluipmoord ‘politieke onverdraagsaamheid’

Deel op
KwaMashu
KwaMashu

RSG het die jongste voorval van politieke geweld, ‘n politieke sluipmoord in KwaZulu-Natal, as ‘n voorbeeld van “politieke onverdraagsaamheid” beskryf.

In 1946 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies erken dat sulke optrede per definisie ‘n misdaad onder die internasionale reg is wat die beskaafde wêreld veroordeel, en medepligtiges daaraan strafbaar maak.

Die Konvensie oor die Voorkoming en Straf van die Misdaad van Volksmoord is deur Suid-Afrika bekragtig.

Hierdie internasionale verdrag bevestig ook dat politieke sluipmoorde deur regerings ‘n misdaad onder die internasionale reg is.

“Volksmoord” beteken nie noodwendig net die onmiddellike vernietiging van ‘n volk nie, soos wanneer die massamoord van al die lede van ‘n volk plaasvind nie.

Dit dui ook op ‘n gekoördineerde plan van verskillende aksies wat gerig is op die ondergrawing van die noodsaaklike fondamente in die lewe van nasionale groepe, met die doel om die groepe uit te wis.

As die doelwitte van regerings die disintegrasie van alle politieke en sosiale instellings, kultuur, taal, nasionale gevoelens, geloof, die ekonomiese bestaan ​​van nasionale groepe, en die vernietiging van persoonlike veiligheid, vryheid, gesondheid, waardigheid, en selfs die lewens van die individue van daardie groepe, behels, is sulke regerings strafbaar.

Die moordaanslag het by die berugte KwaMashu hostel by Durban plaasgevind toe ‘n takleier van die Inkhata Vryheidsparty Donderdagaand doodgeskiet is.

Die takleier van die IVP se Vroue-brigade, Nonhlanhla Biyela is deur vier onbekende aanvallers doodgeskiet.

Maandag is ‘n takleier van die Nasionale Vryheidsparty by die hostel doodgeskiet. Haar gedenkdiens is gisteraand gehou.

Die IVP se nasionale voorsitter, Blessed Gwala het die jongste aanval skerp veroordeel.

Polisieversterkings is die week by die hostel ontplooi.

Politieke sluipmoorde in Suid-Afrika het in die aanloop tot die 2010 FIFA Wêreldbeker die hoogte in geskiet.

Suid-Afrika se buitensporige hoë misdaadkoers kamoefleer ook talle gevalle waar politieke geweld die eintlike oorsaak van dood is, soos wat met plaasmoorde en huisaanvalle teen blankes gebeur

Daar is sedert die einde van Apartheid ‘n toename in politieke sluipmoorde as gevolg van konflik binne die regerende party self.

Die Nasionale Vryheidsparty, grootliks in KwaZulu-Natal, beweer dat 21 van sy lede vermoor is sedert die party vroeg in 2011 gestig is.

Die Inkatha Vryheidsparty beweer dat tien van sy verkose verteenwoordigers vermoor is.

Volgens die linkse, pro-swart Daily Maverick was daar “59 politieke moorde in die laaste vyf jaar”.

Raymond Suttner, ‘n oud-politieke gevangene, sê “sluipmoorde is die aangewese manier om te besluit oor leierskap en toegang tot welvaart binne die ANC en sy bondgenote”.

Suttner is gevonnis omdat hy  tussen 1975 en 1983 aan die ANC se ondergrondse aktiwiteite deelgeneem het. Hy is onder die noodtoestand vanaf 1986 tot 1988 aangehou.

Hy is in 1988 ingeperk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.