SAPD-Okkulte-eenheid ondersoek dood van swart skoolmeisies

Deel op

muti2Die polisie se okkulte-eenheid het Woensdag die ondersoek na die dood van die twee swart skoolmeisies in Dobsonville, Soweto, oorgeneem.

Die twee meisies is dood aangetref, geklee in hul skooluniforms. Hulle het snymerke op hul hande en nekke gehad. Die polisie het skeermesse, kerse en hul tasse langs hulle gevind.

‘n Polisie woordvoerder, Tebello Mosikili sê op hierdie stadium, weet hulle nie wat die dood van die twee kon veroorsaak het nie.

“Die ondersoekspan en die misdaadtoneeldeskundiges is reeds op die toneel om al die bewyse te versamel. En die ondersoekspan van die provinsiale okkulte-ondersoekeenheid sal die ondersoek oorneem. Kollegas van die eenheid is reeds op die misdaadtoneel.”

Die meisies is Dinsdagoggend op pad skool die laaste keer opgemerk. Nie een van die meisies, tussen die ouderdomme van 15 en 16, is as vermis aangemeld nie.

Die regering het sy kommer uitgespreek oor die dood van twee tienermeisies in Soweto. ‘n GCIS-woordvoerder Phumla Williams sê hulle is getref deur die dood van twee meisies in Dobsonville.

Die regering het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie.

Een van die meisies het na bewering aan vriende vertel sy sou by ‘n groep aanvaar word as sy die lewe van iemand naby aan haar neem.

Mede-leerlinge by George Khosa Sekondêre Skool sê hulle het die twee meisies die skoolterrein sien verlaat met twee seuns Dinsdag.

Hulle glo die seuns is deel van ‘n groep wat sulke dade pleeg.

Daar is glo ‘n moontlikheid dat doe dood van die twee deel van ‘n “offerhande” was.

Die polisie het intussen ‘n huis in Dobsonville deursoek waar donker rituele moontlik plaasvind.

Die polisie sê hulle het ‘n lasbrief gekry om die huis te deursoek. In die agterplaas is beendere gevind wat vermoedelik die van ‘n dier is.

Talle mense is steeds by die huis saamgedrom. Die twee seuns is intussen in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.