’n Wit man van Bethal in Mpumalanga wat reeds in ‘n Naspers-mediaveldtog skuldig verklaar is dat hy ses swartes gehuur het om sy jong vrou te verkrag voordat hy dit self gedoen het, is tans in aanhouding.
Die beskuldigde het gister in die landdroshof in Bethal verskyn. Hy het aansoek gedoen om borgtog.
Volgens die beskuldigde ly sy vrou, ’n onderwyseres in die dorp, aan ’n bipolêre gemoedsversteuring en dit is nie die eerste keer dat sy beweer sy is verkrag nie.
Sy het vroeër erken dat die twee vorige bewerings versinsels is. Sy is ook ‘n dwelmverslaafde.
Die jongste beweerde voorval het glo op 3 Februarie gebeur, maar sy het eers op Saterdag 8 Februarie die voorval by die polisiekantoor aangemeld.
Die borgtogaansoek is uitgestel tot 26 Februarie.