Vreemdelinghaat lei tot plunderwaansin

Deel op
Swartes plunder buitelandse winkel in Mthatha vroeër vanjaar
Swartes plunder buitelandse winkel in Mthatha vroeër vanjaar

In die jongste voorval van vreemdelinghaat wat weer opgevlam het, het inwoners van die Refilwe-lokasie, in Cullinan, oos van Pretoria, winkeleienaars van Pakistan en Ethiopië uitgedryf.

Die plundertog was teen die “moordenaars”, sê inwoners.

Dinsdagaand het die gemeenskap se woede tot ‘n waansin van plundering en vernietiging gelei, waarin ten minste ses buitelandse winkels beskadig is en een in ligte laaie gelaat is.

Swart inwoners het drie voertuie van winkeleienaars aan die brand gesteek terwyl die polisie gesukkel het om die buitelanders veilig uit die lokasie te kry.

“Ons wil dié mense uit ons lewens hê. Hulle misbruik ons gasvryheid,” sê inwoners.

Die jongste geweld kom nadat John Tau, 42, na bewering Dinsdag vermoor is deur ‘n Pakistani-winkeleienaar met ‘n gholfstok. Inwoners het gesê Tau het tussenbeide getree vir winkeldiewe.

Soos die nuus van Tau se dood versprei het, het die gemeenskap toegesak op buitelanders.

‘n Woordvoerder van die polisie Marissa van der Merwe kon nie Tau se dood bevestig nie.

Sy het gesê die geweld in Refilwe is aangevuur deur die dood van ‘n nege-jarige seun verlede week wat na bewering deur ‘n Pakistani-winkeleienaar vermoor is vir die steel van lekkers

Van der Merwe het gesê ‘n Pakistani is Woensdag in hegtenis geneem vir poging tot moord nadat hy na bewering op inwoners geskiet het Dinsdag.

“Een-en-dertig mensde is in hegtenis geneem vir openbare geweld en die besit van gesteelde eiendom.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.