NACTU steun Amcu-staking

Deel op

sopaOndersteuning vir Amcu se vierweekloonstaking in die platinum mynbou-sektor het Woensdag ‘n hupstoot gekry toe die Nasionale Raad van Vakbonde (NACTU) hul steun aan die unie toegesê het.

NACTU se versoek vir ‘n algemene staking indien Anglo American Platinum nie sy regsgeding van bykans 600 miljoen rand teen die vakbond Amcu terugtrek nie, kry groot aftrek van verskeie groepe.

Die groepe sluit in opposiepartye soos die PAC, die Sosialistiese Party van Azanië (SOPA), en vakbonde soos die nege filiale van Cosatu wat ‘n Spesiale Kongres en die heraanstelling van die geskorste hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, eis.

Amcu is by NACTU geaffilieer.

“Die besluit deur Amplats om Amcu te dagvaar vir R591 miljoen se skadevergoeding wat verband hou met die voortdurende staking is nog ‘n poging deur werkgewers om die mynwerkers se staking breek asook ook ‘n verbete aanslag teen militante vakbonde,” het NACTU in ‘n verklaring gesê.

Mynreus Anglo American Platinum ( Amplats ) het Saterdag gesê hulla sal Amcu dagvaar vir skadevergoeding en verliese gely tydens die werkoponthoud..

Maandagoggend het Amplats gesê die verliese gely is sowat R100 miljoen per dag as gevolg van die staking wat in sy vierde week is.

Die onwilligheid van Amplats om te onderhandel en in plaas daarvan die howe te nader, is die soort optrede wat gelei het tot die Marikana-slagting, het NACTU gesê.

“Werkers staan ​​vas in die gesig van geweld deur die staat en kapitaal. Nou het die mynmaatskappye ‘n ander manier gevind om werkers op hul knieë te dwing.”

Die president van SOPA, Lybon Mabasa sê Amplats se regsoptrede is ‘n plan om militante vakbonde te verswak.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.