Bek-en-klouseer kom weens tekort aan entstowwe

Deel op

entstofDie uitbreek van bek-en-klouseer vier jaar gelede het Suid-Afrika R4 miljard per jaar in verlore uitvoere gekos en was grootliks te danke aan die ineenstorting van die staat se vermoë om entstowwe te vervaardig.

Suid -Afrika het vir meer as 80 jaar ‘n internasionale reputasie gehad vir die ontwikkeling bek-en-klouseer entstowwe.

Die direkteur-generaal van departement van Landbou, Edith Vries het gesê die Onderstepoortmaatskappy het die vervaardiging van die entstof gestaak omdat daar geen belegging in toerusting en sy vermoëns was nie.

Ervare personeel het Onderstepoort ook verlaat om beter betalende werke te kry.

Die regering sê daar is nou ‘n besef dat navorsing- en ontwikkelingsbesteding verhoog moet word.

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Tina Joemat-Pettersson het tydens ‘n nuuskonferensie Woensdag die opheffing van die verbod op rooivleis-uitvoere deur die Wêreld Dieregesondheidsorganisasie (WAHO) geloof.

Sy het gesê die departement het meer as R8 miljoen bestee in die aankoop van nuwe toerusting vir plaagdodertoetsing.

Die regering vee egter van die probleme by Onderstepoort Biologiese Produkte en die Dierenavorsingsraad onder die mat.

In 2010 is R400 miljoen toegeken vir die bou van ‘n nuwe fabriek om net bek-en-klouseer entstof te produseer. Die aanleg is egter nog nie operasioneel nie.

Sowat 1% van die land se rooivleisproduksie, hoofsaaklik wildsvleis, word uitgevoer. Ander uitvoere sluit diervelle en wol in.

Die direkteur van dieregesondheid by die departement, dr Mpho Maja , het gesê die uitbraak van bek-en-klouseer is nie weens rondloperdiere en ‘n gebrek aan grensdrade gekoppel nie.

Die siekte is endemies in buffels, en dikwels word dit na vee oorgedra. Die verspreiding van die siekte is in die wiele gery deur die onvermoë van die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte om die vereiste entstof te produseer.

Die produksie van entstof het in 2005 opgehou en Suid-Afrika moes 500.000 dosisse invoer vanuit Botswana.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.