Oproer wes van Johannesburg weer onder beheer, sê Metropolisie

Deel op

squattersBeyers Naudé-rylaan in Honeydew is heropen na oproer Woensdagoggend in die Zandspruit-lokasie wes van Johannesburg bedaar het, het die metropolisie gesê.

“Die situasie het tans kalmeer en daar is ‘n swaar polisieteenwoordigheid in die gebied,” het senior superintendent Wayne Minnaar gesê.

Daar is nog steeds smeulende bande en rommel aan die kant van Beyers Naude-rylaan, tussen Johan- en Peterweg, maar die verkeersvloei is herstel.

Protesaksie het dwarsdeur die nag in die gebied gewoed, en paaie is versper, het hy gesê .

Dinsdag het inwoners paaie met brandende bande en klippe versper uit protes oor die verwydering van hul krotte.

Inwoners het onwettige plakkerskrotte neffens Beyers Naude-rylaan opgeslaan, wat dit moeilik vir voertuie maak om deur te beweeg.

Die metropolisie het hulle strukture verwyder nadat inwoners verlede weekoor die saak geken is.

‘n Bakkie en ‘n voertuig is by ‘n vulstasie in die gebied aan die brand gesteek.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.