SAPD doof vir bejaarde wat om hulp pleit

Deel op

effers3Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se Veiligheidskomitee het sy misnoeë uitgespreek oor die swak diens van die SAPD in Utrecht nadat ʼn 74-jarige dame dringende hulp by die SAPD stasie gepleit het en eers dae later enige reaksie ontvang het.

ʼn Swarte het op hul plaas buite Utrecht aangekom om die eienaar te kom sien. Die plaaseienaar was egter nie tuis nie en het sy vrou haarself in die huis gaan toesluit en die SAPD wat 5 km van die plaas geleë is verwittig.

Die man het egter al om die huis gestap en ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Nadat die vrou fisies en seksueel aangerand is, het die aanvaller met haar selfoon, kontant van R150 en die huis se sleutels gevlug.

Swak en geen diens gelewer deur die SAPD blyk die reël te wees eerder as die uitsondering. Dit laat die landelike grondeienaars desperaat en keelvol, aldus Geldenhuys.

ʼn Verdagte is intussen deur die plaaslike arbeidersgemeenskap uitgeken en is gearresteer.

Bron: Die Vryburger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.