Krejcir wil weer vir borg probeer

Deel op

villaradovanDie Tjeggiese voortvlugtige en mafiabaas Radovan Krejcir gaan opnuut probeer om borgtog te bekom.

Hy is voorheen borgtog geweier deur die landdroshof sowel as die Suid-Gautengse hooggeregshof weens die feit dat hy ‘n vlugrisiko inhou.

Hy sal in die Palm Court landdroshof redes aanvoer waarom hy op borgtog vrygelaat moet word.

Sy regsverteenwoordiger sê Krejcir sal bewyse voorlê wat aantoon dat hy ‘n geskikte kandidaat vir borgtog is.

Die onderwêreldbaas is verlede jaar in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en poging tot moord.

Hy het meer as agt jaar gelede uit die Tjeggiese republiek gevlug nadat hy skuldig bevind is aan bedrog en korrupsie.

Hy het Suid-Afrika met ‘n vervalste paspoort vanuit die Seychelles binnegekom.

Die miljardêr Krejcir besit ‘n paleis in Cernosice naby Praag in Tsjeggië met goud krane, geheime gange en ‘n haai in ‘n vistenk.

Die paleis sou verlede jaar op ‘n veiling verkoop word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.