Iran, P5+1 vergader oor kernooreenkoms

Deel op

p5Samesprekinge vind tans plaas tussen Iran en die Veiligheidsraadlidlande Amerika, Brittanje, Rusland, Frankryk en China, plus Duitsland, kortweg bekend as die P5 + 1.

Iran en die P5 + 1 het Dinsdag in Wene, Oostenryk vergader om konflik oor Teheran se kernkragambisies te besleg.

’n Tussentydse ooreenkoms is in Januarie gesluit waarkragtens tydelike beperkinge op Iran se kernkragprogram geplaas is. ’n Finale ooreenkoms moet nog gesluit word.

Die VSA wil toesien dat Iran hul aantal uraanverrykingssentrifuges verminder van 10 000 na tussen 3000 en 4000.

Dit sal beteken dat indien Iran wel ’n kernoorlog wil voer, sy wetenskaplikes ses maande nodig sal hê om die nodige hoeveel uraan te vervaardig.

Iran sal ook versoek word om sy plutonium-aanleg by Arak te herontwerp om te verseker dat alternatiewe metodes in kernwapenvervaardiging nie beskikbaar is nie.

Iran het op sy beurt gevra dat alle sanksies opgehef word, wat sanksies op olie-uitvoere insluit. In Januarie is van die sanksies deels opgehef, maar die ergste olie- en ekonomiese sanksies is steeds in plek.

Met knelpunte in die samesprekings sal die huidige ooreenkoms heel moontlik met nog ses maande verleng word, indien die finale ooreenkoms nie in Junie bereik kan word nie.

Die opperleier van Iran, Ajatollah Ali Khamenei, het gesê alhoewel die samesprekings “na nêrens lei”, hy sal hou by die tussentydse ooreenkoms.

Hy het ook gesê dat hy die diplomasie van pres. Hassan Rouhani ondersteun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.