Wie kry die e-tol-rente?

Deel op
Dipuo Peters
Dipuo Peters

Sanral is gelas om die rekeningkopseer in die Gautengse e-tol-stelsel op te los, het die minister van vervoer, Dipuo Peters, Dinsdag gesê.

NUUT!

Peters het die parlement se portefeuljekomitee vir vervoer toegespreek en toegegee daar is ernstige probleme met die ongewilde elektroniese tolstelsel wat ondermeer die rente op internetbetalings insluit.

Peters se opmerkings het gekom ná ‘n reeks klagtes deur padgebruikers in die provinsie oor rekeninge en registrasie.

“My instruksies aan Sanral … is duidelik en helder. Hulle moet die probleme met rekeninge uitsorteer en hulle moet dit dadelik doen.

“Daar is steeds ’n behoefte om padgebruikers op te voed oor hoe die stelsel werk en die verskeie registrasie- en betalingmetodes wat beskikbaar is,” het sy gesê.

“’n Positiewe uitkoms van die toepassing van die stelsel was die uitkenning van gekloonde lisensieplate, ongeregistreerde voertuie en voertuie sonder nommerplate,” het Peters gesê.

Sy het alle LP’s aangemoedig om te registreer, aangesien hulle as wetmakers die eerste behoort te wees wat registreer.

Peters het LP’s wat nie skyfies gekoop het nie, berispe en gesê hulle minag hul eed van getrouheid aan die Grondwet. Sy het egter ook haar eie onkunde oor die stelsel onbloot.

‘n Opposisielid het aan Peters gesê dat sy valshede in die openbaar versprei. “Die wet vereis nie van enige van ons om ‘n e-tol-skyfie te koop nie. Suid-Afrikaners kan kies om nie ‘n e-tol-skyfie te koop nie en eerder ’n rekening wil ontvang,” het hy gesê.

Nazir Alli, uitvoerende hoof van Sanral, het gesê daar is ook probleme met mense wat elektronies via die internet hul rekeninge wil betaal.

Hy sê dit kan enigiets van twee tot vyf dae neem voor die oordrag in die ontvanger se rekening aangedui word.

Dít lei volgens hom tot frustrasie, aangesien die geld “iewers in die kuberruim lê”. Volgens Alli het hy die banke oor die probleem genader.

“Wie kry daardie rente? Niemand gee vir ons daardie antwoord nie,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.