Oproer lei tot miljoene rande se skade

Deel op

tyres2Die skade wat tydens gewelddadige diensleweringsbetogings in Gauteng aan openbare eiendom aangerig is, word op R65 miljoen geraam, het RSG berig.

Die LUR vir Behuising, Ntombi Mekgwe sê die bedrag sal waarskynlik styg weens verslae wat nog uitstaande is en die feit dat betogings voortduur.

In Bekkersdal alleen beloop die geraamde skade aan eiendom R20 miljoen. Dit sluit die skade aan ‘n gemeenskapsaal en munisipale kantore in.

Mekgwe het ‘n waarskuwing aan gemeenskappe gerig dat die reg sy loop sal neem wanneer mense openbare eiendom beskadig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.