Rooivleisuitvoerverbod opgehef

Deel op

rooivleis‘n Uitvoerverbod van drie jaar op Suid-Afrikaanse rooivleis is opgehef en die land is weer as “siektevrye-sone” gelys.

Die welkome stap kom nadat die rooivleisbedryf het ‘n geskatte R4 miljard per jaar verloor het sedert die verbod in werking getree het in Februarie 2011.

Die departement van Landbou sê die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid in Parys het Suid-Afrika se status herstel as ‘n bek-en-klouseervrye land.

Die direkteur-generaal van die departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Edith Vries, het die opheffing van die verbod verwelkom.

Vries beskryf dit as “goeie nuus waarvoor die regering krediet moet ontvang”.

Die Organisasie het die hoofdirekteur in beheer van dieregesondheid in die departement in kennis gestel van die besluit nadat hulle die land besoek het en vasgestel het dat voorkomende maatreëls in plek gestel is

Gerhard Schutte, die hoof uitvoerende beampte van die Rooivleis Produsente-organisasie, het gesê hy is verheug oor die besluit.

“Dit is goeie nuus, nie net vir die rooivleisbedryf nie, maar vir die stoetbedryf, wol- en melkbedryf. Almal van hulle het probleme gehad as gevolg van die verlies van die bek-en-klouseervrye status,” het hy gesê.

“Die wolbedryf het groot probleme gehad om hul wol in China te kry.

“Die melk kon nie na buurlande gaan nie want daar was ‘n verbod op suiwelprodukte om uit te gaan.

“En die stoetdiere, hoofsaaklik beeste , maar skape ook, Hulle kan nou na buurlande gaan.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.