Laaste inry in Suid-Afrika sluit

Deel op
Velskoen-inry
Velskoen-inry

Die sluiting van die Menlyn Park-inryteater sal die einde van ‘n era beteken, want dit sal die laaste van sy soort in Suid-Afrika wees wat toemaak.

Bestuur sê tegniese probleme het gelei tot die besluit om die land se laaste inryteater te sluit.

Baie Pretorianers koester soete herinneringe van die inry op die dak van die Menlyn Park-winkelsentrum.

Dis deel van Pretoria se filmgeskiedenis wat gaan sluit, met die laaste vertoning wat aan die einde van Februarie sal plaasvind.

Menlyn Park was die laaste teater van sy soort in Suid-Afrika, nadat die Velskoen-inry in Randburg sy deure in Junie 2012 gesluit het.

Voorheen was daar sowat 50 inrye wat landwyd teatergangers met kussings, komberse, piekniekmandjies en die kroos in pajamas gelok het.

Die teater moes weens tegniese beperkinge sluit omdat alle films deesdae digitaal is, wat beteken dat ou 35mm-film toenemend moeilik is om in die hande te kry. Dit teater het nog ‘n ou 35mm-projektor.

Volgens die bestuur het die inry 8736 vertonings aan 1.005.088 mense gewys.

Dit is nog nie bekend waarvoor die ruimte aangewend sal word nie.

Die laaste openbare vertoning sal op Vrydag, 28 Februarie plaasvind.

Die laaste week van vertonings sal gratis aangebied word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.