NVP-takleier doodgeskiet

Deel op
Zanele Magwaza-Msibi
Zanele Magwaza-Msibi

Die leier van die Nasionale Vryheidsparty, Zanele Magwaza-Msibi het ‘n beroep op die polisie gedoen om alles moontlik te doen om die moordenaars van ‘n tak-leier van haar party vas te trek.

Die 48-jarige Ntombi Mzila is gister by die KwaMashu hostel buite Durban doodgeskiet, het RSG berig.

Die moord op Mzila volg slegs twee dae nadat twee ander lede van die NVP in dieselfde gebied geskiet is.

Die twee NVP-ondersteuners is gewond tydens die skietvoorval.

Mzila het die slagoffers besoek wat uit die hospitaal ontslaan is, toe sy vermoor is.

‘n Polisie-woordvoerder sê twee skote is na Mzila gevuur en sy is op die toneel dood.

Die OVK in KwaZulu-Natal het vroeër gesê hy is besorgd oor die onlangse voorvalle van politieke onvedraagsaamheid in die provinsie in die aanloop tot die Mei verkiesings.

Die NVP-leier sê sy is bekommerd oor die invloed wat die aanvalle in aanloop tot die verkiesing op partylede het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.