Platinumarbeidsdispuut val weer vas

Deel op

stakersSamesprekings tussen myners en die bestuur het weer vasgeval het om die staking by platinummyne die beëing.

Sowat 70.000 mynwerkers staak die afgelope drie weke reeds.

Die arbeidsdispuut bly steeds onopgelos nadat Lonmin, Amplats en Implats nie hul aanbod van ‘n nege persent verhoging aangepas het nie.

Die mynwerkersvakbond, Amcu, sal binnekort glo ‘n groot aankondiging tydens ‘n mediakonferensie maak betreffende hul voortgesette optrede teen mynhuise.

Die konferensie sal waarskynlik Woensdag plaasvind, omdat die vakbondleierskap vandag steeds vergader.

Amcu se aankondiging is in teenstelling met ‘n mediaverklaring wat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie na Maandag se vergadering uitgereik het.

Daarvolgens sou Amcu terugvoering aan die KVBA gee nadat ‘n vergadering met sy vakbondlede gehou is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.