Swart studente raak gewelddadig oor hulpskematoekennings

Deel op
DUT-protes
DUT-protes

Die polisie het rubberkoeëls en traangas gebruik om betogende studente by die Universiteit van KwaZulu Natal se Edgewood-kampus in Pinetown uiteen te jaag.

Sowat 60 studente is in hegtenis geneem en klasse is tydelik opgeskort.

Die studente staak sedert verlede week oor die toekenning van die Nasionale Studente Finansiële skema.

Die universiteit het intussen ‘n interdik bekom om verdere protesoptrede te verhinder.

By die Universiteit van Johannesburg is 20 studente wat geskors is, deur veiligheidsbeamptes na die kampus begelei.

Hulle is na protesoptrede oor die finansiële hulpskema geskors, maar hulle skorsing is tydelik deur ‘n hofbevel opgehef.

Die studente sê hulle word soos misdadigers deur UJ behandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.