Woolworths mik vir wins met swart kleregroottes

Deel op

stetopegieDie kleinhandelaar Woolworths het met ’n nasionale veldtog begin om klere vir swartes te skep.

Die tema is ‘Find Your Perfect Fit’ wat daarop gemik is om die swart mark se sug na groter klere te bevredig.

Die winkel meen waarskynlik dit sal verkope aansienlik aanhelp as swart kliënte kleding kan koop wat hul agterstewes dek.

Navorsing sal in Maart onderneem word om seker te maak dat die kleregroottes swart kliënte ook trek.

“Suid-Afrika het ’n diverse bevolking en die enigste manier hoe ons die beste pasmate kan verskaf, is om werklike mense te meet,” sê Thateng Shimange, hoof van vroueklere by Woolworths.

‘n Liggaamskandeerder wat reeds deur internasionale handelsname gebruik word, sal deur die maatskappy Alvanon, beskikbaar gestel word. Dié internasionale bedryf spesialiseer in liggaamskandering en pasmaatontwikkeling.

Dit sal Alvanon, wat soortgelyke navorsing in 21 lande doen, se eerste projek in Afrika wees.

Woolworths sal die geslag, ouderdom en, heel belangrikste, die etniese groep van deelnemers vereis.

Woolworths sal die navorsing gebruik om al sy groottes en mates in die vroue- en mansklere-afdeling te hersien en winsgrense op te stoot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.