Gekaapte vlug land in Geneve, Switserland

Deel op

kapinggeneve‘n Vliegtuig van Ethiopian Airlines is vermoedelik gekaap en gedwing om in Geneve, Switserland te land.

‘n Woordvoerder by die Geneve Internasionale Lughawe het dit bevestig. Die vlug het veilig met al die passasiers en bemanningslede geland.

Die Boeing 767-300 was van Addis Abba na Rome onderweg.

Die kaper, in sy dertigs, het politieke asiel in Switserland versoek.

Volgens Switserse owerhede was die kaper die mede-vlieënier. Hy het sy kans waargeneem toe die vlieënier badkamer toe is en het nadat die vliegtuig geland het, ongewapen oper tou uit die kajuitvenster na buite ontsnap.

Ethiopian Airlines sê in ‘n verklaring een van sy vliegtuie, wat onderweg was na Rome in Italië, is gedwing om na Geneve te vlieg.

Dit is onduidelik of die passasiers en bemanning steeds op die vliegtuig is. Ethiopian Airlines het nog nie bevestig of ontken dat die vliegtuig gekaap is nie.

Volgens ‘n vlugopname-applikasie vir selfone het die vliegtuig ‘n paar keer in die lugruim oor Geneve gesirkel voordat dit geland het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.